Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 6:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In die jaar wat koning Ussia dood is, het ek die Here gesien. Sy troon was hoog en verhewe, en die soom van sy kleed het die tempel gevul.

2. Rondom Hom was serafs, elkeen met ses vlerke. Met twee het hulle hulle gesig toegemaak, met twee hulle voete bedek en met twee het hulle gevlieg.

3. Hulle het mekaar toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here, die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy heerlikheid!”

4. Die fondamente het geskud van die geluid, en die tempel was vol rook.

5. Ek het hard geroep: “Ellende het my getref! Want ek is ’n sondige mens, tussen ander sondige mense. En tog het ek die Koning, die Here, die Almagtige, gesien!”

6. Toe het een van die serafs na die altaar toe gevlieg en ’n gloeiende kool met ’n tang opgetel.

7. Hy het my lippe daarmee aangeraak en gesê: “Kyk, hierdie kool het jou lippe aangeraak. Nou is jou skuld weg en jou sondes vergewe.”

8. Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek met ’n boodskap na my volk toe stuur? Wie sal vir Ons gaan?” Ek het geantwoord: “Here, ek sal gaan! Stuur my!”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 6