Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 59:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here is nie te swak om julle te red nie.Hy is nie te doof om julle te hoor nie.

2. Julle probleem is dat julle sondes julle afgesny het van God.Hy het weggedraai van julle.Dit is weens julle sondes dat Hy nie meerna julle wil luister nie.

3. Julle hande is vol bloed,julle vingers is skuldig van al die onreg. Julle monde is vol liegstories.Julle tonge fluister net onreg.

4. Niemand stel sy saak met opregtheid nie.Geen uitspraak is betroubaar nie.Almal vertrouop leë argumente en praat leuens.Hulle verwek slegte gedagtesen gee dan geboorte aan onreg.

5. Hulle broei slangeiers uit en weef ’n spinnekopweb.Dié wat van die eiers eet, sal sterf. En as die eiers breek, kom daar slange uit.

6. Die spinnerakke is onbruikbaar vir klere;hulle kan hulleself nie daarmee toemaak nie. Hulle dade is vol boosheid en hulle kenteken is geweld.

7. Hulle voete hardloop om kwaad te doenen is haastig om onskuldige bloed te vergiet.Hulle planne is bose planne. Hulle kenmerk is ondergang en verwoesting.

8. Ware vrede ken hulle nie.Op hulle paaie is daar geen reg nie. Dié wat daarop loop, sal nie vrede ken nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 59