Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 58:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Roep so hard as wat jy kan!Roep so hard soos ’n trompet kan blaas!Vertel my volk van hulle oortredings,die mense van Jakobvan hulle sondes!

2. Hulle soek elke dag my wilasof hulle ywerig my paaie wil ken. Jy sou dink hulle is ’n volk wat doen wat reg is, en nie die bepalings van sy Godnagelaat het nie.Hulle vra My om beslissingste maaken lyk gretig om naby God te wees.

3. Hulle vra: ‘Waarom het ons gevas,maar U sien dit nie? Ons het ons verootmoedig,maar U het dit nie opgelet nie!’“Dis omdat julle op vasdae net julle eie plesier najaag, en die mense in julle diensnog harder laat werk.

4. Julle vas eindig in twis, rusie en vuisgevegte. Op hierdie manier kan julle nie vas en dan verwag dat dit in die hemel gehoor sal word nie.

5. Is dit die vas wat Ek verkies,net ’n dag waarop ’n mens homself verneder?Is dit om net jou kop te buigsoos ’n biesie en te sit in sak en as?Is dit wat jy ’n vas noem,’n dag wat vir die Hereaanvaarbaar sal wees?

6. “Nee, is die vas wat Ek wil hê, dan nie: om mense wat onregverdigin die tronk is, vry te laat,om die juk van mense af te haalen elke juk te breek nie?

7. Is dit nie om jou kos te deelmet dié wat honger is,om aan die arm swerwerblyplek te gee,om klere te gee vir mensewat dit nodig het, om nie weg te draai van jou familie wat jou hulp nodig het nie?

8. As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag.Jou wonde sal spoedig genees. Hy wat jou red,sal voor jou uitgaan,die heerlikheid van die Heresal jou van agter beskerm.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 58