Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 56:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Ook húlle bring Ekna my heilige bergen gee hulle vreugde in my huis van gebed.Hulle brandoffers en ander offerssal Ek aanvaar,want my tempel sal ’n huis van gebed genoem wordvir al die nasies.”

8. Die oppermagtige Here, wat die ballinge van Israel terugbring, sê: “Benewens my volk Israelbring Ek ook ander huis toe.”

9. Kom, wilde diere van die veld!Al die diere in die bos,kom en verslind my volk!

10. Israel se wagte is almal blind en weet niks.Hulle is soos honde wat nie kan grom of blafwanneer gevaar aankom nie.Hulle hou net daarvanom rond te lê, te droom en te slaap.

11. Hulle is so gulsig soos hondewat nooit genoeg kry nie. Hulle is dwase herders.Elkeen loop op sy eie paadjieen elkeen sorg net vir homself.

12. Hulle sê:“Kom, hier is die wyn!Laat ons dronk word van bier!Laat ons aanhou partytjie hou!Môre sal selfs nog beter wees as vandag.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 56