Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 55:10-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Reën en sneeu kom uit die hemel, en dit gaan nie daarheen terug nie.Dit maak die aarde natom die plante te laat bot en vrugte te laat drasodat daar saad is om te saai en brood om te eet.

11. Net so is dit met die woordwat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie,maar dit sal doen wat Ek verwagen die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het.

12. Julle sal in blydskap wegtreken in vrede gelei word.Die berge en heuwels sal juigen die bome in die veld sal hulle hande klap!

13. Waar daar eers net dorings was, sal daar nou sipresse groei.En in die plek van ’n disselsal daar nou mirtebome groei. Dit sal wees tot eer van die Here,’n blywende teken van sy mag en liefde.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 55