Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 55:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Almal wat dors is, kom na die water toe.Selfs al het jy geen geld nie,kom, koop en eet.Kom, koop wyn en melk sonder prys en geld.

2. Hoekom spandeer julle julle geld op dit wat nie brood is nie?Hoekom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister mooi na My,dan sal julle eet wat goed is,en versadig kan word met die beste wat te kry is!

3. Luister tog, kom na My toe.Luister na My dat julle kan lewe.Ek is gereed om ’n ewige verbond te sluit. Ek wil my troue liefde aan julle betoonsoos Ek aan Dawid belowe het.

4. Ek het hom ’n getuie gemaak vir al die volke,’n regeerder en bevelvoerder van volke.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 55