Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 5:21-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Verwoesting wag vir elkeen wat dink dat hy slim is en homself wys ag.

22. Verwoesting wag vir mense wat helde is as dit by ’n gedrinkery kom, wat meesters is in hoe jy drankies meng.

23. Dis hulle wat omkoopgeld vat om skuldiges vry te laat. Hulle laat die boses vry uitloop en straf die onskuldiges.

24. Daarom sal hulle verdwyn soos strooi of droë gras wat brand. Hulle wortels sal opdroog en hulle blomme verlep, want hulle het die instruksies van die Here, die Almagtige, verwerp. Hulle het die woordvan Israel se Heilige Een geminag.

25. Daarom het die woedevan die Hereteen sy volk ontvlam. Daarom het Hy sy vuis opgelig om sy volk plat te slaan. Die heuwels bewe en die lyke word soos vulliswat op straat gegooi is. Selfs dan sal die Here se woedenie uitgebrand wees nie. Sy vuis sal reg wees om te slaan!

Lees volledige hoofstuk Jesaja 5