Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 49:10-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Hulle sal nie meer honger of dors wees nie.Die warm son en die droë woestynwinde sal niks aan hulle doen.Hy wat vir hulle omgee,sal vir hulle sorg en hulle lei na koel fonteine.

11. Al my berge maak Ek paaie.My hoofweë sal Ek vir hulle gelykmaak.

12. My volk kom terug van ver af,sommige uit die noorde,ander uit die weste, nog ander so ver as Egipte.”

13. Sing van vreugde, hemel! Aarde, wees bly! Berge, juig met ’n vrolike lied! Want die Herehet sy volk getroos.Hy sal Hom ontferm oor hulle wat in ellende is.

14. Tog het Sion gesê: “Die Here het my verlaat.Die Here het my vergeet.”

15. “Kan ’n ma die baba vergeet wat aan haar bors drink?Kan sy geen medelye hê met die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou dit tog moontlik wees, Ék sal jou nie vergeet nie!

16. Kyk, Ek het jou naam in my hand gegraveer.Die mure van Jerusalem wat afgebreek is,is altyd voor My.

17. Baie gou sal jou nageslag hulle terughaas,maar hulle wat jou verwoes het, sal wegvlug.

18. Kyk rondom jou.Al jou kinders sal terugkom na jou toe. So seker as Ek lewe,” sê die Here, “jy sal hulle dra soos juwele, soos ’n bruid haar juwele aansit.

19. “Jy is nou net ’n ruïne en jou land verlate,maar dan sal jy te klein weesom al die inwoners te huisves, en dié wat jou wou vernietig, sal ver weg wees.

20. Die geslag in ballingskap gebore, sal terugkom en sê:‘Ons het meer plek nodig! Maak vir ons meer plek om in te woon!’

21. Dan sal jy by jouself dink: ‘Wie het al hierdie kinders vir my gegee? Ek was kinderloos en onvrugbaar. Ek was ’n balling en verstoot.Maar wie het hierdie kinders grootgemaak?Ek alleen het oorgebly,maar waar kom hulle nou vandaan?’”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 49