Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 48:17-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Nou sê die Here, jou Redder, die Heilige van Israel: “Ek is die Here jou God wat jou leer wat vir jou goed is.Ek lei jou op die pad waarop jy moet loop.

18. As jy maar net na my gebooie geluister het!Dan sou jou vrede soos ’n rivier gewees het,en jou geregtigheidsoos die golwe van die see.

19. Jou nageslag sou dan so talryk soos sand gewees het, en jou nakomelinge so baie soos sandkorrels.Hulle name sou nooit uitgewis en uitgeroei word nie.”

20. Maar vlug nou uit Babel.Vlug weg van die Galdeërs!Kondig dit aan met gejubel,maak dit bekend. Laat dit weerklink tot aan die eindes van die aarde.Sê: “Die Herehet sy dienaar Jakob verlos.”

21. Hulle het nie dors geword toe Hy hulle deur die woestyngelei het nie.Hy het vir hulle wateruit ’n rots laat kom.Hy het die rots gekloofen water het uitgestroom.

22. “Maar vir bose mense,” sê die Here, “is daar geen vrede nie.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 48