Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 48:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Luister na My, afstammelinge van Jakobwat Israel genoem word,wat voortkom uit Juda,julle wat sweer in die Naam van die Here,en die God van Israel aanroep,maar nie in waarheid of regverdigheid nie.

2. Julle noem julleself inwoners van die heilige stad,wat vertrou op die God van Israel.Die Here, die Almagtige, is sy Naam:

3. Wat vroeër gebeur het, het Ek lank gelede al vooruit gesê. Met my mond het Ek dit aangekondigen dit bekendgemaak.Toe het Ek opgetree, en skielik het dit gebeur.

4. Ek weet hoe hardkoppig julle is,eiesinnig soos yster,met ’n kop so hard soos ’n stuk brons.

5. Daarom het Ek lank gelede algesê wat Ek gaan doen.Voordat dit gebeur,het Ek dit al bekendgemaak,sodat julle nie kan sê nie: ‘My afgode het dit gedoen.My houtbeelde en metaalbeelde het dit laat gebeur.’

6. Julle het alles gehoor.Julle kon dit self sien.Sal julle dit nie nou erken nie? Daarom gaan Ek nou nuwe dinge aan julle openbaar, geheime waarvan julle nie weet nie.

7. Dis splinternuwe dinge wat voorheen nie daar was nie,waarvan julle voor vandag nie gehoor het nie.Nou sal julle nie kan sê:‘Natuurlik het ek dit geweet’ nie.

8. Julle het niks daarvan gehoorof dit verstaan nie.Want Ek weet hoe verraderlikjulle optree.Van geboorte af was julle as rebelle bekend.

9. Tog sal Ek ter wille van Myself my woede bedwing.Ter wille van my Naam sal Ek my woede terughousodat julle nie uitgewis word nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 48