Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 46:6-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Mense gooi goud uit ’n sak,en weeg silwer af op ’n skaal.Hulle huur ’n goudsmidom ’n afgodsbeeld te maak.Dan buig hulle en aanbid die afgodsbeeld.

7. Hulle dra die beeld op hulle skouers na ’n ander plek.Hulle sit dit daar neer,en daar staan dit!Dit kan glad nie vanself beweeg nie.Wanneer iemand roep, is daar geen antwoord nie.Dit kan niemand red uit sy nood nie.

8. “Onthou dit, neem dit ter harte,julle opstandiges.

9. Dink aan wat lank gelede gebeur het.Ek is God. Daar is geen ander nie.Ek is God. Niemand is soos Ek nie.

10. Ek maak bekend wat gaan gebeurnog voor dit gebeur.Wat Ek besluit, voer Ek uit.Wat Ek wil, doen Ek.

11. Uit die ooste roep Ek ’n roofvoël,’n man uit ’n ver land, wat my opdrag sal uitvoer.Wat Ek gesê het, sal Ek laat gebeur.Wat Ek beplan, dit sal Ek doen.

12. Luister na My, julle opstandiges, julle wat nie reg doen nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 46