Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 42:11-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Laat die woestyn en sy dorpe saamsing.Laat die dorpies van Kedar bly wees.Laat die mense van Sela sing van vreugde.Laat hulle hard roepvanaf die bergpieke.

12. Laat hulle eer aan die Here bring.Laat die eilande sy lof verkondig.

13. Die Here sal opruk soos ’n baie sterk man.Hy sal kom soos ’n soldaat wat woedend is.Hy gaan sy oorlogskreet aanhef.Hy sal triomfeer oor sy vyande.

14. “Ek het baie lank stilgebly.Ek was stil en Ek het My ingehou.Maar nou skree Ek in my woedesoos ’n vrou wat geboorte gee. Ek sal hyg en snak na asem.

15. Ek maak die berge en heuwels gelyk met die gronden laat al die plante daarop uitdroog. Ek maak van riviere eilandeen laat die poele opdroog.

16. Ek lei blindes op ’n nuwe pad,op paaie wat vir hulle onbekend is.Ek maak die donkerte voor hullehelder lig,en die ongelyk plekke maak Ek gelyk. Ek gaan dit alles doen,en hulle nie alleen los nie!

17. Maar hulle wat op afgode vertrou, wat vir afgode sê:‘Julle is ons gode,’sal neervalen skaam kry.”

18. “Luister, julle wat doof is! Kyk, julle blindes, en sien!

19. Wie is so blind soos die Here se dienaar? Wie is so doof soos die boodskappers wat Ek stuur?Wie is so blind soos my uitverkore volk, blind soos die dienaar van die Here?

20. Julle sien en julle weet wat reg is, maar weier om daaropte reageer.Julle ore is oop, maar julle hoor niks.”

21. Die Here se vreugde lê daarinom sy gebooie groot en heerlik te maak.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 42