Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 42:10-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Sing vir die Here’n nuwe lied.Besing sy lof tot aan die uithoeke van die aarde!Sing, almal wat vaar op die see, en alles in die see, al die eilande en dié wat daarop woon.

11. Laat die woestyn en sy dorpe saamsing.Laat die dorpies van Kedar bly wees.Laat die mense van Sela sing van vreugde.Laat hulle hard roepvanaf die bergpieke.

12. Laat hulle eer aan die Here bring.Laat die eilande sy lof verkondig.

13. Die Here sal opruk soos ’n baie sterk man.Hy sal kom soos ’n soldaat wat woedend is.Hy gaan sy oorlogskreet aanhef.Hy sal triomfeer oor sy vyande.

14. “Ek het baie lank stilgebly.Ek was stil en Ek het My ingehou.Maar nou skree Ek in my woedesoos ’n vrou wat geboorte gee. Ek sal hyg en snak na asem.

15. Ek maak die berge en heuwels gelyk met die gronden laat al die plante daarop uitdroog. Ek maak van riviere eilandeen laat die poele opdroog.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 42