Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 42:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Kyk, hier is die dienaar wat Ek ondersteun.Hy is die een wat Ek gekies heten wat my guns geniet. Ek het my Gees op hom laat kom.Hy sal regspreekoor die nasies.

2. Hy sal nie roep of hard skree nie.Hy sal nie sy stem in die openbaar laat hoor nie.

3. Hy sal ’n geknakte rietnie verder afbreek nie.Mense wat dof brand soos ’n lamppit sal hy nie uitdoof nie. Hy sal in opregtheid reg laat geskied.

4. Hy sal nie moeg of moedeloos word nie, totdat reg en geregtigheid op aarde gevestig is.Selfs die kuslande en eilande wag vir sy opdragte.”

5. So sê God, die Here, wat die hemel gemaak en dit oopgespan het.Hy het die aarde gemaak en alles wat daarop is.Hy gee asem vir almal op aarde,lewe vir alles wat daarop beweeg.

6. “Ek, die Here, het jou geroep om my reg te demonstreer.Ek sal jou hand vaten jou beskerm.Ek sluit deur jou ’n verbondmet die volk. En jy sal ’n lig vir die nasies weesom hulle na My terug te lei.

7. Jy sal die oë van blinde mense oopmaak,gevangenes uit die tronk bevry,mense wat in die gevangenis sit, vrylaat.

8. “Ek is die Here,dit is my Naam.My eer deel Ek met niemand anders nie.Die lof wat My toekom, deel Ek nie met afgode nie.

9. Alles wat Ek gesê het, het net so gebeur.En nou vertel Ek jouvan nuwe dinge wat gaan gebeur.Voordat dit gebeur,vertel Ek dit reeds aan julle.”

10. Sing vir die Here’n nuwe lied.Besing sy lof tot aan die uithoeke van die aarde!Sing, almal wat vaar op die see, en alles in die see, al die eilande en dié wat daarop woon.

11. Laat die woestyn en sy dorpe saamsing.Laat die dorpies van Kedar bly wees.Laat die mense van Sela sing van vreugde.Laat hulle hard roepvanaf die bergpieke.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 42