Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 41:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Bly stil en luister na My, eilande en kusgebiede.Laat die nasies hulle sterkste argumentekom stel. Laat die hof die saak uitmaak.

2. “Wie het iemand uit die ooste wakker gemaak?Hy behaal heelpad oorwinning. Die Here gee nasies aan hom oor en onderwerp konings aan hom. Hy maak hulle tot stof met sy swaard.Sy boog maak van hulle kaf wat die wind wegwaai.

3. Ongehinderd agtervolg Hy hulle,al was hy nog nooitvoorheen op dié pad nie.

4. Wie het sulke magtige dinge gedoenen die verloop van dingevan die begin af bepaal? Dit is Ek, die Here, die Eerste.Wanneer die laaste dinge gebeur, sal Ek, die Here, nog daar wees.”

5. Die eilande kyk toe in vrees,die aarde se eindes bewe.Hulle kom nader vir die geveg.

6. Hulle praat mekaar moed inen sê: “Wees sterk!”

7. Die werksmense maak gounuwe gode.Die ambagsman jaag die goudsmid aan,en die een wat die metaal uitklop, help hom wat by die aambeeld werk.“Die smeewerk is goed!” sê hulle.Dan slaan hulle die beeld met spykers vas sodat dit nie omval nie!

8. “Maar jy, Israel,my dienaar,jy is Jakob, wat Ek gekies het,afstammelingvan Abraham, my vriend.

9. Jou het Ek teruggeroep vanaf die uithoeke van die aarde. Ek het gesê: ‘Jy is my dienaar,’want Ek het jou gekies.Ek het jou nooit verwerp nie!

10. Moenie bang wees nie,want Ek is by jou.Moenie ontsteld word nie,want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help.Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red.

11. “Almal wat vir jou kwaad is, sal in die skande kom en verleë wees.Almal wat jou weerstaan, sal vergaan.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 41