Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 40:13-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Wie kan die Gees van die Here advies gee?Wie weet genoeg om Hom raad te geeof Hom te leer?

14. Het die Here al ooit raadvan ander nodig gehad?Het Hy nodig dat iemand Hom vertel wat die goeie is of wat die beste is?

15. Al die nasies van die wêreld is vir Hom soos ’n druppel in ’n emmer, soos stof op ’n skaal. Hy tel die eilande op asof hulle geen gewig het nie.

16. Die Libanon se hout is nie genoeg vir offers,en sy diere nie voldoendevir brandoffers nie.

17. Die nasies van die wêreld is vir Hom soos niks.In sy oë is hulle waardeloos,asof hulle nie bestaan nie.

18. Met wie kan julle God dan vergelyk? Met watter beeld sal julleHom kan vergelyk?

19. Kan jy Hom vergelyk metdie afgodsbeeld? Dis deur ’n vakman gemaak, ’n goudsmid het dit met goud oorgetrek en met silwerkettinkies versier.

20. Wie te arm is vir so ’n offer aan sy god,kies hout wat nie vrot nieen soek vir hom ’n bedrewe ambagsman om vir hom ’n beeld temaak wat nie omval nie.

21. Weet julle dan nie? Verstaan julle nie?Is dit dan nie in die begin aan julle vertel nie? Weet julle nie Wie die aarde gegrondves het nie?

22. God sit op sy troon bokant die hemelkoepel. Die mense op aardelyk vir Hom soos sprinkane. Hy sprei die hemel uit soos ’n gordyn,Hy sprei dit oop soos ’n tentom in te woon.

23. Hy oordeel oor vername mense en verlaag regeerders van die wêreld asof hulle nie bestaan nie.

24. Hulle is skaars geplant, skaars gesaai,het skaars wortelgeskiet, of Hy blaas oor hulleen hulle verwelken ’n stormwind waai hulle weg net soos kaf.

25. “Met wie sal julle My vergelyk?Wie is my gelyke?” vra die Heilige Een.

26. Kyk op na die hemel.Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander,en roep elkeen by sy naam.Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie.

27. Israel, hoe kan jy dan sê: “Die Here sien nie my moeilikheid raak nie”? Hoe kan jy beweer: “God weier om na my saak te luister”?

28. Het jy nog nooit gehoor of verstaan nie?Weet jy nie dat die Herevan altyd af God is nie?Hy is die Skepper van die hele aarde.Hy word nie moeg of gedaan nieen niemand kan die dieptes van sy insig meet nie.

29. Hy gee krag aan dié wat moeg is.Hy maak die kragteloses sterk.

30. Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat.Baie jongmense struikel en val.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 40