Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 40:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Troos, troos my volk,” sê julle God.

2. “Praat sag met Jerusalem. Sê vir hom sy hartseerdae is verby.Sy sondes is vergewe. Die Here het hom klaar gestraf vir al sy sondes.”

3. Luister! Ek hoor die stem van iemand wat roep:“Bou ’n grootpad vir die Heredeur die woestyn.Maak ’n reguit pad vir ons Goddeur die wildernis.

4. Vul die valleie op!Maak elke berg en heuwel gelyk,elke ruwe plek ’n gelykte,elke koppie ’n vlakte.

5. Dan sal die heerlikheidvan die Herebekend worden alle mense sal dit sien.Die Here self het so gesê.”

6. ’n Stem sê: “Roep!” Ek het gevra: “Wat moet ek roep?”“Roep uit: Alle mense is soos gras.Hulle bekoorlikheid is soos blomme van die veld.

7. Gras verdor en blomme verwelk as die Here sy asem daaroor laat waai. So is dit ook met mense.

8. Gras verdor, blomme verwelk, maar die woord van God bly vir altyd.”

9. Boodskapper van goeie nuus,roep vir die tempelbergvan die bergpieke af!Boodskapper van goeie tyding,roep hard vir Jerusalem!Moenie bang wees nie.Sê vir die stede van Juda: “Hier is jou God!”

10. Die oppermagtige Herekom met heerlike kragen regeer met mag.Kyk, Hy bring sy beloning saam. Dit is by Hom.

11. Hy versorg sy kudde soos ’n herder.Die lammers maak Hy bymekaar in sy arms,en dra hulle naby sy hart.Skaapooie met lammersversorg Hy.

12. Wie anders het die oseane in sy hand gehou?Wie het die hemel afgemeetmet die breedte van sy hand?Wie het die grond van die aarde met ’n maatemmer gemeet, of het die berge en die heuwels met ’n skaal geweeg?

Lees volledige hoofstuk Jesaja 40