Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 38:4-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Toe het hierdie boodskap van die Here na Jesaja gekom:

5. “Gaan terug na Hiskia toe en sê vir hom: Dis wat die Here, die God van jou voorouer Dawid sê: Ek het jou gebed verhoor. Ek het jou trane gesien. Ek voeg vyftien jaar by jou lewe.

6. En Ek sal jou en hierdie stad uit die mag van die koning van Assirië red. Ek sal hierdie stad beskerm.

7. “En dit sal die teken wees wat die Here vir jou gee om te bewys dat Hy sal doen wat Hy belowe het:

8. Ek sal sorg dat die son se skaduwee tien trappe op Agas se sonwyser terugskuif!” Die skaduwee op die sonwyser het toe tien trappe teruggeskuif.

9. Ná koning Hiskia herstel en gesond geword het, het hy hierdie gedig oor sy ervaring geskryf:

10. Ek het gesê: “Moet ek doodgaan in die fleur van my lewe?Moet my beste jare gesteel word?”

11. Ek het gesê: “Ek sal nooit weer die Here God sienin die land van die lewendes nie.Ek sal nooit weermy vriende sien wat in hierdie wêreld leef nie.

12. My lewe is weggeblaas soos ’n herder se tent in ’n storm.Dis kortgeknip soos wanneer ’n wewer ’n stuk materiaal afsny.Skielik het U my lewelaat verbygaan.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 38