Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 38:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Omtrent daardie selfde tyd het Hiskia dodelik siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het hom gaan besoek. Hy gee toe vir die koning hierdie boodskap: “So sê die Here: Kry jou sake in orde, want jy gaan sterf. Jy sal nie van hierdie siekte herstel nie.”

2. Toe Hiskia dit hoor, het hy sy gesig na die muur toe gedraai. Hy het tot die Here gebid:

3. “Here, onthou hoe ek altyd probeer het om aan U getrou te bly. Ek het probeer doen wat goed is.” Toe het hy bitterlik gehuil.

4. Toe het hierdie boodskap van die Here na Jesaja gekom:

5. “Gaan terug na Hiskia toe en sê vir hom: Dis wat die Here, die God van jou voorouer Dawid sê: Ek het jou gebed verhoor. Ek het jou trane gesien. Ek voeg vyftien jaar by jou lewe.

6. En Ek sal jou en hierdie stad uit die mag van die koning van Assirië red. Ek sal hierdie stad beskerm.

7. “En dit sal die teken wees wat die Here vir jou gee om te bewys dat Hy sal doen wat Hy belowe het:

8. Ek sal sorg dat die son se skaduwee tien trappe op Agas se sonwyser terugskuif!” Die skaduwee op die sonwyser het toe tien trappe teruggeskuif.

9. Ná koning Hiskia herstel en gesond geword het, het hy hierdie gedig oor sy ervaring geskryf:

10. Ek het gesê: “Moet ek doodgaan in die fleur van my lewe?Moet my beste jare gesteel word?”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 38