Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 34:8-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Want dit is die dag van die Here se wraak, die jaar van vergelding ter wille van Israel.

9. Die riviere van Edom sal gevul word met teer,die grond oortrek met swael en die land met pik oordek.

10. Hierdie oordeel oor Edom sal nooit eindig nie.Die land sal verlate lê van geslag tot geslag.Niemand sal meer daar deurtrek nie.

11. Die land sal die blyplek wees van woestynuile en kraaie.Want God bring verwarring oor Edom en verwoes die land.

12. Die land sal genoem word die Land van Niks, en sy leiers sal verdwyn.

13. Dorings sal die paleise oorgroei,brandnetels en dissels sy forte.Die ruïnes sal ’n blyplek wordvir jakkalse en volstruise.

14. Wildehonde en hiënas kry mekaar daar.Wildsbokke roep na mekaar.Die naggees sal daar bly om ’n rusplek te vind.

15. Die uil maak daar nes en lê haar eiers.Sy broei haar kleintjies uit en beskerm hulle daar.Ook die aasvoëls komom daar te paar.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 34