Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 32:11-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Bewe, onbesorgde vroue.Raak ontslae van julle onbesorgdheid.Trek uit julle mooi klere.Dra klere van sak oor julle smart.

12. Slaan op julle borste van smart.Want julle oorvloedige plase is een van die dae daarmee heen.So ook julle vrugbare wingerde.

13. Want julle land sal oorgroei word met dorings en dissels.Julle vrolike huiseen gelukkige stede sal weg wees.

14. Die paleis en die stad sal verlate lê.Besige dorpe sal leeg wees.Troppe donkies en bokke sal op die heuwels wei waar julle uitkyktorings eers gestaan het.

15. Dit sal so bly totdat die Gees uit die hemeloor ons uitgestort word.Dan word die woestyn ’n vrugbare veld.En die vrugbare veld word ’n welige woud.

16. Regverdigheid sal in die woestyn heers,en geregtigheid in die vrugbare veld.

17. Reg sal veroorsaak dat daar vrede sal wees.En geregtigheid sal veroorsaak dat almal rustig en veilig sal bly.

18. My volk sal veilig bly, rustig in hulle huise.Hulle sal vrede hê.

19. Ook al vernietig hael die woud en word die stad platgevee,

20. met julle sal dit geseënd gaan. Waar julle ook al saai, sal goeie oeste volg.Julle beeste en donkies sal die wêreld vol wei.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 32