Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 30:27-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

27. Kyk! Die Here kom uit die verte.Sy woede breek los,omring deur donker wolke soos rook.Sy lippe is vol wraak.Sy woorde verteer soos vuur.

28. Sy woede kom soos vloedwater oor sy vyand.Hy voer hulle wegen sif die trotse nasies.Hy gaan ’n toom aan hulle sit en hulle weglei om hulle te vernietig.

29. Maar julle sal sing, van blydskapsoos wanneer julle feesvier.Julle sal so bly wees soos wanneer ’n fluitspeler ’n groep pelgrims begelei na Jerusalem,op pad na die berg van die Here, na die Rots van Israel.

30. En die Here sal roepmet ’n magtige stem.Woedend sal Hy sy vyande platslaan.Hy sal hulle bykom met verterende vlamme, met ’n wolkbreuk, met donderstorms en reuse haelstene.Hy sal hulle vernietig.

31. Die stem van die Heresal Assirië verpletter.Met sy septer sal Hy hulle platslaan.

32. En wanneer Hy hulle slaanmet sy roede,sal sy volk tydhou met musiekvan simbale en liere. Die Here self sal teen hulle vegmet sy magtige arm.

33. Die brandoond is lankal klaar vir die Assiriese koning.’n Groot hoop hout is reggesit daarvoor.Die asem van die Heresal dit aan die brand steek soos die vuur van ’n vulkaan.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 30