Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 30:15-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. So sê die oppermagtige Here, die Heilige van Israel: “Eers as julle na My draai en tot rus kom, sal julle gered word.Deur stil te raak en te vertrou,sal julle sterk word. Maar julle wou nie.

16. Julle het gesê: ‘Nee, ons hulp kom van Egipte. Hulle gee ons vinnige perde om mee te veg.’Nou, dan sal julle vinnig ry.Maar julle agtervolgers sal vinniger wees!

17. Een van hulle sal duisend van julle jaag.En vyf van hulle sal julle almal laat wegvlug.Julle sal bly staan soos ’n enkele vlagpaal op ’n berg, soos ’n vaandel op ’n heuwel.”

18. Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe.Hy wil genade aan julle bewys.Die Here is ’n God wat regverdig is.Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp.

19. Volk van Sion, wat in Jerusalem woon, julle sal nie meer huil nie. Hy sal genade aan julle bewys as julle Hom vra om julle te help.Hy sal dadelik reageer as julle na Hom roep.

20. Die Here het jou brood van swaarkry laat eet en water van lyding laat drink.Maar Hy sal nog by jou wees om jou te leer.Jy sal Hom met jou eie oë sien, die Een wat jou leer.

21. Jy sal ’n stem hoor sê:“Hier is die regte pad. Draai om en loop hierlangs.”

22. Daardie dag sal jy al jou silwer afgode en goue beelde stukkend slaan.Jy sal hulle weggooi soos smerige klere.“Aaklig!” sal jy sê. “Weg daarmee!”

23. Dan sal die Here jou seën.Jy sal genoeg reën kry wanneer jy plant.Daar sal groot oeste wees en baie weiveld vir jou vee.

24. Die beeste en die donkies wat die grond omploeg, sal die beste graan vreet wat met graaf en gaffel gemeng is.

25. Daardie dag sal jou vyande vernietig word.Hulle torings sal omgegooi word.Daar sal strome waters wees wat van elke berg en heuwel af kom.

26. Die maan sal so skerp weessoos die son.En die son sal sewe keer helderder wees.Dit sal lyk soos die son van sewe dae.So sal dit wees die dag wanneer die Here sy volk begin genees en die seerplekke verbindwaar Hy hulle geslaan het.

27. Kyk! Die Here kom uit die verte.Sy woede breek los,omring deur donker wolke soos rook.Sy lippe is vol wraak.Sy woorde verteer soos vuur.

28. Sy woede kom soos vloedwater oor sy vyand.Hy voer hulle wegen sif die trotse nasies.Hy gaan ’n toom aan hulle sit en hulle weglei om hulle te vernietig.

29. Maar julle sal sing, van blydskapsoos wanneer julle feesvier.Julle sal so bly wees soos wanneer ’n fluitspeler ’n groep pelgrims begelei na Jerusalem,op pad na die berg van die Here, na die Rots van Israel.

30. En die Here sal roepmet ’n magtige stem.Woedend sal Hy sy vyande platslaan.Hy sal hulle bykom met verterende vlamme, met ’n wolkbreuk, met donderstorms en reuse haelstene.Hy sal hulle vernietig.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 30