Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 30:11-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Vergeet van al die slegte dinge!Ons het meer as genoeg gehoor van die ‘Heilige van Israel’.Ons is moeg om te hoor wat Hy kwansuis vir ons wil sê!”

12. Daarom antwoord die Heilige van Israel self: “Julle het my waarskuwing geïgnoreer, en eerder vertrou op leuens en bedrog.

13. Daarom sal rampe skielik oor julle kom.Dit sal wees soos ’n muur wat oorhang en dreig om om te val.En dan skielik, onverwags, sal dit inmekaarstort.

14. Julle sal soos ’n kleipot stukkend breek.Julle sal so fyn gebreek word dat daar nie eers ’n stukkie sal oorbly wat groot genoeg isdat ’n mens ’n kooltjiedaarop kan dra, of water van die put kan skep nie.”

15. So sê die oppermagtige Here, die Heilige van Israel: “Eers as julle na My draai en tot rus kom, sal julle gered word.Deur stil te raak en te vertrou,sal julle sterk word. Maar julle wou nie.

16. Julle het gesê: ‘Nee, ons hulp kom van Egipte. Hulle gee ons vinnige perde om mee te veg.’Nou, dan sal julle vinnig ry.Maar julle agtervolgers sal vinniger wees!

17. Een van hulle sal duisend van julle jaag.En vyf van hulle sal julle almal laat wegvlug.Julle sal bly staan soos ’n enkele vlagpaal op ’n berg, soos ’n vaandel op ’n heuwel.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 30