Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 30:10-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Hulle sê vir die sieners: “Bly stil, ons wil niks meer hoor van wat julle sien nie!” En vir die profete sê hulle: “Ons wil nie die waarheid hoor nie!Sê vir ons wat ons wil hoor, dat goeie dinge met ons gaan gebeur.Vertel vir ons leuens!

11. Vergeet van al die slegte dinge!Ons het meer as genoeg gehoor van die ‘Heilige van Israel’.Ons is moeg om te hoor wat Hy kwansuis vir ons wil sê!”

12. Daarom antwoord die Heilige van Israel self: “Julle het my waarskuwing geïgnoreer, en eerder vertrou op leuens en bedrog.

13. Daarom sal rampe skielik oor julle kom.Dit sal wees soos ’n muur wat oorhang en dreig om om te val.En dan skielik, onverwags, sal dit inmekaarstort.

14. Julle sal soos ’n kleipot stukkend breek.Julle sal so fyn gebreek word dat daar nie eers ’n stukkie sal oorbly wat groot genoeg isdat ’n mens ’n kooltjiedaarop kan dra, of water van die put kan skep nie.”

15. So sê die oppermagtige Here, die Heilige van Israel: “Eers as julle na My draai en tot rus kom, sal julle gered word.Deur stil te raak en te vertrou,sal julle sterk word. Maar julle wou nie.

16. Julle het gesê: ‘Nee, ons hulp kom van Egipte. Hulle gee ons vinnige perde om mee te veg.’Nou, dan sal julle vinnig ry.Maar julle agtervolgers sal vinniger wees!

17. Een van hulle sal duisend van julle jaag.En vyf van hulle sal julle almal laat wegvlug.Julle sal bly staan soos ’n enkele vlagpaal op ’n berg, soos ’n vaandel op ’n heuwel.”

18. Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe.Hy wil genade aan julle bewys.Die Here is ’n God wat regverdig is.Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp.

19. Volk van Sion, wat in Jerusalem woon, julle sal nie meer huil nie. Hy sal genade aan julle bewys as julle Hom vra om julle te help.Hy sal dadelik reageer as julle na Hom roep.

20. Die Here het jou brood van swaarkry laat eet en water van lyding laat drink.Maar Hy sal nog by jou wees om jou te leer.Jy sal Hom met jou eie oë sien, die Een wat jou leer.

21. Jy sal ’n stem hoor sê:“Hier is die regte pad. Draai om en loop hierlangs.”

22. Daardie dag sal jy al jou silwer afgode en goue beelde stukkend slaan.Jy sal hulle weggooi soos smerige klere.“Aaklig!” sal jy sê. “Weg daarmee!”

23. Dan sal die Here jou seën.Jy sal genoeg reën kry wanneer jy plant.Daar sal groot oeste wees en baie weiveld vir jou vee.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 30