Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 3:16-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Verder sal die Here’n oordeel uitspreekoor die vroue van Jerusalem, wat met hulle neuse in die lug rondloop,met ringe wat rinkel aan hulle enkels. Hulle oë soek tussen die skare, hulle flankeer met elke man.

17. Die Here sal hulle koppe ontsier. Ja, die Here sal hulle bles maak.

18. Daardie dag stroop die Herehulle swierigheid, die bande om hulle koppe, die hangertjies in die vorm van ’n halfmaan,

19. oorringe, armbande en sluiers,

20. hooftooisels, voetkettinkies en versierde gordels. Hulle gelukbringertjies sal weg wees,

21. hulle ringe en neusringe,

22. partytjieklere, mantels, tjalies en handsakkies,

23. spieëltjies, fyn linneklere, kopdoekies en tjalies.

24. In plaas daarvan dat hulle na reukwater ruik, sal hulle stink. Hulle sal toue vir gordels dra, en hulle mooi gekamde hare sal uitval en bles word. In die plek van hulle mooi klere sal hulle ’n roukleed dra.In die plek van hulle skoonheid sal hulle die brandmerk dra van ’n slaaf.

25. Die manne van die stad sal in die oorlog doodgemaak word,en die soldate in die geveg.

26. Die ingange van Jerusalemsal rou en huil. Die mense van die stad sal verlate op die grond sit.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 3