Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 28:9-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Hulle sê: “Vir wie probeer hy leer? Aan wie verduidelik hy sy boodskap?Is dit babatjies wat pas gespeen is, wat so pas van hulle ma’s se borste weggevat is?

10. Want dit is: Doen dit en doen dat, doen dit en doen dat, reël op reël, reël op reël, hier ’n bietjie en daar ’n bietjie!”

11. Omdat hulle weier om te luister, sal God met hulle praat deur die onbekende taal van vreemde verdrukkers!

12. Hy het vir hulle gesê: “Hier kan julle rus! Hier kan julle die moeë mense laat rus. Hier is alles rustig.” Maar hulle het geweier om te luister.

13. Daarom gaan die Hereweer met hulle praat. Hy gaan sê:Maak sus en maak so, reël op reël, reël op reël, hier ’n bietjie en daar ’n bietjie!Hieroor sal hulle agteroorval, beseer en gevang word,en as ballinge weggevoer word.

14. Daarom, luister na die Here se boodskap,julle ligsinniges wat oor Jerusalem regeer!

15. Julle spog: “Ons het ’n ooreenkoms gemaakom die dood te ontkom. Met die graf het ons ooreengekom.As die Assiriërs kom, sal hulle ons nie tref nie. Want ons het leuens ons veilige vesting gemaak,valsheid en bedrog ons skuilplek.”

16. Daarom sê die oppermagtige Here: “Kyk, Ek gaan in Jerusalem’n klip neersit, ’n granietsteen, ’n hoeksteen vir ’n vaste fondament.Elkeen wat op My vertrou, hoef nie weg te hardloop nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 28