Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 28:14-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Daarom, luister na die Here se boodskap,julle ligsinniges wat oor Jerusalem regeer!

15. Julle spog: “Ons het ’n ooreenkoms gemaakom die dood te ontkom. Met die graf het ons ooreengekom.As die Assiriërs kom, sal hulle ons nie tref nie. Want ons het leuens ons veilige vesting gemaak,valsheid en bedrog ons skuilplek.”

16. Daarom sê die oppermagtige Here: “Kyk, Ek gaan in Jerusalem’n klip neersit, ’n granietsteen, ’n hoeksteen vir ’n vaste fondament.Elkeen wat op My vertrou, hoef nie weg te hardloop nie.

17. Ek sal geregtigheid die maatlyn maaken regdie skietlood as norm.Die hael sal julle skuilplekvan leuens laat omval,en die vloedwaters sal dit wegsleur.

18. Ek kanselleer die ooreenkoms wat julle met die dood gemaak het. Julle ooreenkoms met die grafhef Ek op.As die verskriklike vyand aangestorm kom, sal julle in die grond vertrap word.

19. Keer op keer sal daardie vloed kom, môre na môre, dag en nag.” Hierdie boodskap sal angs bring vir julle.

20. Julle sal nêrens kan wegkruip nie.Die bed wat julle gemaak het, is te kort om reguit daarop te lê.Die kombers is te smal om julle mee toe te maak.

21. Die Here sal skielik kom, met woede, soos Hy teen die Filistyne by Perasimberg gekom het, en teen die Amoriete by Gibeon.Hy sal kom om ’n vreemde, ’n ongewone ding te doen:Hy kom om sy eie volk te vernietig!

22. Hou op spot sodat julle straf nie nog groter is nie!Die oppermagtige Here, die Almagtige, het dit duidelik gemaak dat Hy julle land gaan verwoes.

23. Luister na my. Luister terwyl ek by julle pleit!

24. Hou ’n boer aan met ploeg sonder om ooit te saai? Hou hy aan om grond te bewerk sonder om ooit te plant?

25. As hy grond gelyk gemaak het, saai hy mosswartkomyn en komyn, koring, gars en spelt, elkeen in sy eie akker.

26. Boere weet wat om te doen, God het hulle geleer hoe om dit te doen.

27. Hulle oes ook nie alles op dieselfde manier nie.Hulle dors nie swartkomyn met ’n slee, of komyn met wawiele nie. Swartkomyn en komyn word met ’n stok uitgeslaan.

28. Graan word gemaal vir brood.Daarom moet ’n mens nie aanhou om dit te slaan nie. Hulle dors dit met wawiele, maar verpoeier dit nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 28