Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 22:14-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Die Here, die Almagtige,het aan my gewys: “Hierdie sonde van hulle sal tot die dag van hulle dood nie vergewe word nie.” So sê die oppermagtige Here, die Almagtige.

15. So sê die oppermagtige Here, die Almagtige:“Gaan sê vir Sebna, die administrateur van die paleis:

16. ‘Wat dink jy, wie is jy? Jy bou vir jou ’n pragtige graf in die rots teen die hoogte.

17. Die Here is op die punt om jou te gryp en ver weg te gooi. Hy gaan jou in ballingskap wegstuur, jou verwaande vent!

18. Hy gaan jou soos ’n bal heen en weer gooi en jou dan weggooi in ’n ver, verlate land. Daar sal jy doodgaan en daar sal die strydwaens waarmee jy so gespog het, stukkend en nutteloos lê.Jy is ’n skande vir jou koning!

19. Ek ontslaan jou uit jou amp, Ek vat jou weg uit jou posisie.

20. Dan roep Ek my dienaar, Eljakim seun van Gilkija. om jou te vervang.

21. Hy sal jou ampsklere dra, en jou titel en jou gesag hê. Hy sal ’n pa wees vir die mense van Jerusalem en Juda.

22. Ek gee hom die sleutels van die koning se huis, die hoogste posisie in die koninklike hof. Hy sal deure oopsluit, en niemand sal dit kan toesluit nie. En deure wat hy toesluit, sal niemand kan oopsluit nie.

23. Hy sal eer vir sy familie bring, want Ek slaan hom so diep in soos ’n tentpen.

24. Hy sal groot verantwoordelikhede hê, en hy sal eer bring vir selfs die geringste van sy familie.’”

25. Die Here, die Almagtige, sê: “Dan trek Ek die tentpen wat so diep ingeslaan was uit. Dit sal loskom en val. Alles wat daarop gesteun het, sal ook val. Die Here het gepraat!”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 22