Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 21:5-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Hulle maak reg vir ’n groot fees. Hulle gooi matte uit vir mense om op te sit. Almal eet en drink. Gou! Gryp julle skilde en maak reg vir die geveg! Julle word aangeval!

6. Intussen het die Herevir my gesê: “Sit ’n wag op die stadsmuur sodat hy kan sê wat gebeur.

7. Wanneer hy waens sien wat deur perde getrek word en soldate op donkies en kamele, moet hy alarm maak.”

8. Die wag het uitgeroep: “Dag na dag het ek op die wagtoring gestaan, Meneer. Nag na nag het ek op my pos gebly.

9. En nou, uiteindelik, kom die strydwaens en soldate.” Die wag het toe gesê: “Babilon het geval! Al die afgode van Babilon lê stukkend op die grond!”

10. My volk, hulle het jou op die dorsvloer vertrap en uitgewan. Ek het vir jou alles gesê wat die Here, die Almagtige,die God van Israel vir my gesê het.

11. Hierdie boodskap het na my gekom oor Edom: Iemand van Seïr af hou aan roep na my: “Wag, hoe lankvoor die môre aanbreek? Wanneer is die nag verby?”

12. Die wag antwoord: “Die môre het aangebreek, maar net daarna kom die nag. As julle weer wil kom vra, kom terug en vra maar.”

13. Hierdie boodskap het na my gekom oor Arabië: Handelaars van Dedan, wat met julle handelsware rondreis, kruip weg in die woestyne van Arabië!

14. Mense van Tema, bring kos en water vir die moeë vlugtelinge.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 21