Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 2:8-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Maar die land is vol afgode. Die mense buig neer en aanbid hierdie dinge wat hulle self gemaak het.

9. Daarom sal elkeen verneder word en laag moet buig. Moet hulle tog nie vergewe nie!

10. Gaan skuil in grotte, kruip weg in die grond weens die verskrikking van die Hereen die glans van sy majesteit!

11. Die dag kom dat jou hoogmoedigheid en trotsjou op die grond sal laat val en die Here alleen verhoog sal word.

12. Op daardie dag sal die Here, die Almagtige,die hoogmoediges straf, en hulle in die stof neergooi.

13. Op die Libanonberg sal Hy elke hoë seder afkapen elke groot boom van Basan.

14. Elke hoë berg en heuwel sal Hy gelyk maak.

15. Elke hoë toring en versterkte muur sal Hy afbreek.

16. Hy sal die groot handelskepeen al die klein botein die hawe vernietig.

17. Die hoogmoed van alle mense sal platgevee word. Hulle trotsheid sal in die stof lê. Die Here alleen sal dan verhoog word.

18. Afgode sal heeltemal verdwyn.

19. Wanneer die Here opstaan om die aarde te skud, sal sy vyande wegkruip in gate en grotte in die grond, so bang sal hulle vir Hom wees. Hulle sal inkruip in grotte in die rotse uit vrees vir die verskrikking van die Hereen die eer van sy grootsheid.

20. Hulle sal hulle silwer en goue afgodevir die molle en vlermuise los.

21. Hulle sal in gate inkruip en tussen rotse en teen die kranse wegkruip. So sal hulle probeer ontsnap aan die verskrikking van die Hereen die eer van sy grootsheidas Hy opstaan om die aarde te skud.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 2