Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 2:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hier is nog ’n visioen wat Jesaja seun van Amos gesien het oor Juda en Jerusalem:

2. In die laaste dae sal die berg van die tempel van die Heredie belangrikste plek op aarde word. Nasies sal daarheen stroom.

3. Baie volke sal kom en sê: “Kom, laat ons na die berg van die Here gaan, na die tempel van die God van Israel. Daar sal Hy ons sy weë leer sodat ons aan Hom gehoorsaam kan wees.” Want uit Sion kom die instruksies,en die woord van die Hereuit Jerusalem.

4. Die Here sal regspreek tussen nasies en dispute tussen hulle oplos. Hulle sal ploegskare maak van hulle swaardeen snoeiskêre van hulle spiese. Tussen nasies sal daar geen oorloë meer wees nie, en militêre opleiding sal nie bestaan nie.

5. Kom, mense van Israel, laat ons lewe in die lig wat van die Here af kom!

6. Here, U het die volk van Israel verwerp, want hulle is beïnvloed deur die mense van die ooste. Hulle het hulle fortuin laat vertel soos die Filistyne,en bondgenootskappe gesluit met heidene.

7. Israel is ryk aan silwer en goud, daar is geen einde aan hulle skatte nie,en so ook nie aan hulle perdeen strydwaens nie.

8. Maar die land is vol afgode. Die mense buig neer en aanbid hierdie dinge wat hulle self gemaak het.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 2