Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 19:2-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. “Ek laat die Egiptenaars teen mekaar baklei, broer teen broer, buurman teen buurman, stad teen stad, provinsie teen provinsie.

3. Die Egiptenaars sal moed verloor. Ek sal hulle planne verydel. Hulle sal by hulle afgode pleit vir wysheid. Hulle sal geeste oproep, en mediums en besweerders om raad gaan vra.

4. Ek gee Egipte oor aan ’n wrede meester, ’n harde koning,” sê die Here, die Here, die Almagtige.

5. Die see sal opdroog, die rivier sal leeg word.

6. Die Nyl se kanale sal sleg ruik. Egipte se waterstrome sal opdroog. Die riete en biesies sal verlep.

7. Die papirusplante langs die Nyl sal opdroog en wegwaai. Die oeste sal wegdroog. Alles sal verdwyn.

8. Die vissermanne sal van hartseer huil. Dié wat met ’n hoek visvang en dié wat nette in die rivier oopgooi, sal wegkwyn.

9. Die wewers wat vlas en katoen gebruik om te weef, sal geen hoop oorhê nie.

10. Hulle sal afgehaal wees. Die loonarbeiders sal siek weesvan bekommernis.

11. Watter dwaseis die adviseurs van Soan nie! Hulle beste raad vir die koning van Egipte is dom en verkeerd. Sal hulle voor die farao spog omdat hulle so slim is,dat hulle van konings afstam?

12. Wat het gebeur met jou slim adviseurs, Farao? As hulle so slim is, laat hulle jou vertel wat die Here, die Almagtige,aan Egipte gaan doen!

13. Die wyse manne van Soanis dwaas, en dié van Memfis is verward. Die leiers van Egipte het die land geruïneer met hulle dom raad.

14. Die Herehet hulle dwaas gemaak sodat al hulle voorstelle verkeerd is. Hulle het die land van Egipte soos ’n siek dronklap laat steier.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 19