Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 19:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierdie boodskap het na my gekom oor Egipte: Kyk! Die Here is op pad na Egipte toe. Hy ry op ’n vinnige wolk. Egipte se afgode bewe voor Hom. Die Egiptenaars smelt weg van vrees.

2. “Ek laat die Egiptenaars teen mekaar baklei, broer teen broer, buurman teen buurman, stad teen stad, provinsie teen provinsie.

3. Die Egiptenaars sal moed verloor. Ek sal hulle planne verydel. Hulle sal by hulle afgode pleit vir wysheid. Hulle sal geeste oproep, en mediums en besweerders om raad gaan vra.

4. Ek gee Egipte oor aan ’n wrede meester, ’n harde koning,” sê die Here, die Here, die Almagtige.

5. Die see sal opdroog, die rivier sal leeg word.

6. Die Nyl se kanale sal sleg ruik. Egipte se waterstrome sal opdroog. Die riete en biesies sal verlep.

7. Die papirusplante langs die Nyl sal opdroog en wegwaai. Die oeste sal wegdroog. Alles sal verdwyn.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 19