Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 17:6-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Min van sy mense sal oorbly, soos die olywe wat in die boonste takke van die boom agterbly ná die oes. Slegs twee of drie bly in die hoogste takke agter, vier of vyf op die punte van die takke.” So sê die Here, die God van Israel.

7. Dan eers sal mense weer aan hulle Skepper dink en respek kry vir die Heilige Een van Israel.

8. Hulle sal nie meer hulle afgode om hulp vra of dit aanbidwat hulle met hulle eie hande gemaak het nie. Hulle sal nooit weer kniel voor hulle Asjerabeelde of wierook brand op die altarewat hulle gemaak het nie.

9. Daardie dag sal Israel se toevlugstedeverlate wees, verlate soos die boswêreld wat die inwoners destyds laat vaar het toe die Israeliete die land lank terug binnegeval het.

10. Jy het jou rug gedraai op die God wat jou kan red.Jy het die Rots vergeet by wie jy kon skuil. Daarom,al kry jy die beste gewasseen plant jy ingevoerde wingerdstokke,

11. al sou jy die dag dadelikdit wat jy dit geplant het,kan laat groei,en dit laat bot die oggend dat jy dit plant,sal jou opbrengs niks werd wees.Jou enigste oes sal siekte en ongeneeslike smart wees!

12. Kyk! Die soldate van baie nasies storm nader soos golwe wat teen die kus breek.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 17