Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 16:11-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Ek huil oor Moab. Ek is baie hartseer oor Kir-Geres.

12. Die mense van Moab sal op die heuwels hulle gode angstig aanroep. Maar dit sal nie help nie. Hulle sal roep na die gode in hulle heiligdomme, maar niemand red hulle nie.

13. Die Here het dit lankal aloor Moab gesê.

14. Maar nou voeg die Here by:“Binne drie jaar, wat so ondraaglik sal weessoos vir ’n dagloner wat hom afsloof,sal van Moab se glorie en baie mense min oorbly.Hulle wat oorbly, sal min en swak wees.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 16