Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 13:6-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Skreeu van angs, want die Here se tyd het gekom, die tyd dat die Almagtige verwoes.

7. Elke arm hang verlam van vrees. Selfs die sterkstes se harte smelt inmekaar

8. van vrees. Vrees gryp hulle met verskriklike pyne, soos van ’n vrou wat geboorte skenk. Hulle kyk hulpeloos vir mekaar terwyl die vlamme van die brandende stad op hulle gesigte weerkaats word.

9. Kyk, die Dag van die Here kom, die verskriklike dag van sy gramskap en sy gloeiende toorn. Die land sal verwoes word en ook alle sondaars.

10. Die lug sal donker word bokant hulle. Die sterre, son en maan sal geen lig gee nie.

11. “Ek, die Here, sal die wêreld straf oor sy boosheid en bose mense vir hulle sonde. Ek verpletter die arrogansie van trotse mense en die verwaandheid van die magtiges.

12. Min mense sal oorleefteen die tyd dat Ek my werk voltooi. Mense sal so skaars wees soos goud, skaarser as goud uit Ofir.

13. Want Ek sal die hemel skud en die aarde sal uit sy plek verskuif wanneer die woede van die Here,die Almagtige, kom, in die tyd van my brandende toorn.”

14. Almal sal hardloop tot hulle uitgeput is, op pad na hulle eie lande toe, soos bokke wat gejag word, soos skape sonder ’n herder.

15. Enigeen wat gevang word, sal met die swaard doodgesteek word.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 13