Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 10:7-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Maar die koning van Assirië sal nie weet dat Ek hom stuur nie. Hy sal dink dat hy die mense aanval as deel van sy plan om die hele wêreld te verower.”

8. Hy sal sê: “Elkeen van my prinse sal een van die dae ’n koning wees wat oor ’n verowerde land regeer.

9. Ons sal Kalne net soos Karkemis verwoes. Hamat sal voor ons val soos Arpad. En ons sal Samaria vernietig net soos ons Damaskus vernietig het.

10. Ja, ons het baie koninkryke verwoes wie se gode veel sterker is as Jerusalem en Samaria s’n.

11. As ons Samaria en haar gode vernietig het, sal ons Jerusalem ook verwoes!”

12. Nadat die Here die koning van Assirië gebruik het om sy doel in Jerusalem te bereik, sal Hy teen die koning van Assirië draai en hom straf, want hy is trots en arrogant.

13. Hy spog: “Deur my eie krag en slimmigheid het ek hierdie oorloë gewen. Deur my eie krag het ek baie lande gevange geneem, hulle konings doodgemaak en hulle skatte weggedra.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 10