Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 1:14-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Ek haat julle Nuwemaanfeeste en ander feeste. Dit het ’n las vir my geworden Ek kan dit nie meer verdra nie!

15. Ek sal nie meer kyk wanneer julle julle hande in gebed na My toe uitsteek nie. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie. Want julle hande is vol van die bloed van onskuldige slagoffers.

16. Was julleself en word skoon! Moenie dat Ek verder sien hoe boos julle optree nie. Sien af van julle weë.

17. Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee.

18. “Kom nou, laat ons die saak uitpraat,” sê die Here. “Maak nie saak hoe diep die vlek van julle sonde is nie, Ek kan dit verwyder. Ek kan julle so skoon maak soos sneeu wat pas geval het. Selfs al is die vlek so rooi soos purper, Ek kan julle wit maak soos wol.

19. As julle gewillig is en My maar net gehoorsaam, sal julle die goeie gawes van die aarde eet.

20. Maar as julle weier en rebelleer, sal julle deur julle vyande vernietig word. Ek, die Here, sê so!”

21. Jerusalem, voorheen so getrou, het ’n prostituut geword! Die stad, eens op ’n tyd die tuistevan reg en geregtigheid, is nou vol moordenaars!

22. Vroeër was jy soos silwer, maar nou het jysoos waardelose lood geword. Jy was so suiwer, maar nou is jy soos wyngemeng met water.

23. Jou leiers is opstandelingeen vriende van diewe. Hulle vat almal omkoopgeld en beskerm nie die regte van weduwees en wese nie.

24. Daarom sê die Een wat regeer, die Here, die Almagtige.die Sterk Een van Israel: “Van my vyande gaan Ek My bevry.My woede gaan Ek uitstort, op julle, my vyande!

25. Ek draai teen julle. Ek sal julle smelt en die lood afskep. Al julle onsuiwerhede sal Ek verwyder.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 1