Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 1:12-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Wie het julle beveelom voor My te verskyn, om my voorhowe te vertrap?

13. Hou op om huigelagtige offers te bring.Julle wierook is vir My afstootlik.Julle feesvierings op Nuwemaanfees en Sabbatte, julle spesiale vasdae, ook julle vroomste byeenkomste kan Ek nie verdra nie,want dis vol boosheid!

14. Ek haat julle Nuwemaanfeeste en ander feeste. Dit het ’n las vir my geworden Ek kan dit nie meer verdra nie!

15. Ek sal nie meer kyk wanneer julle julle hande in gebed na My toe uitsteek nie. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie. Want julle hande is vol van die bloed van onskuldige slagoffers.

16. Was julleself en word skoon! Moenie dat Ek verder sien hoe boos julle optree nie. Sien af van julle weë.

17. Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee.

18. “Kom nou, laat ons die saak uitpraat,” sê die Here. “Maak nie saak hoe diep die vlek van julle sonde is nie, Ek kan dit verwyder. Ek kan julle so skoon maak soos sneeu wat pas geval het. Selfs al is die vlek so rooi soos purper, Ek kan julle wit maak soos wol.

19. As julle gewillig is en My maar net gehoorsaam, sal julle die goeie gawes van die aarde eet.

20. Maar as julle weier en rebelleer, sal julle deur julle vyande vernietig word. Ek, die Here, sê so!”

21. Jerusalem, voorheen so getrou, het ’n prostituut geword! Die stad, eens op ’n tyd die tuistevan reg en geregtigheid, is nou vol moordenaars!

22. Vroeër was jy soos silwer, maar nou het jysoos waardelose lood geword. Jy was so suiwer, maar nou is jy soos wyngemeng met water.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 1