Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:28-37 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

28. Bring die leërs van die konings van Medië, hulle leiers en die amptenare en al die lande waaroor hulle regeer teen hulle.

29. Die land bewe en krul, want die plan van die Herestaan vas teen Babel: Hy maak Babel ’n verlate plek – niemand sal daar bly nie.

30. Die soldate van Babel veg nie meer nie.Hulle sit nie ’n voet uit hulle versterkte skuilings nie. Hulle moed is gebreek, hulle is so bang soos vroue. Hulle huise is aan die brand,die stadshekke afgebreek.

31. Van oral kom boodskappers aangehardloop met nuus vir die koning van Babel: Die stad is van alle kante af ingeval!

32. Al die ontsnaproetes is afgesny, die versterkingsis aan die brand gesteek,en die soldate is lam van angs!

33. Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Babel is soos ’n dorsvloer waar hulle koring trap. Binnekort sal Babel se oestyd aanbreek.”

34. “Koning Nebukadnesar van Babel het ons verteer, verpletteren al ons kragte getap.Hy het ons soos ’n groot monster ingesluk. Hy het sy maag vol gemaak met ons skatte. Hy het ons uit ons eie land gegooi.”

35. Die mense van Jerusalem sê: “Mag al die geweld wat ons moes deurgaan, na Babel terugkom.” Jerusalem sê:“Mag die Babiloniërs die skuld vir ons bloed betaal!”

36. Die Here sê vir Juda: “Ek sal julle saak behartig en namens julle wraak neem.Ek sal Babel se waters en fonteine laat opdroog.

37. Babel sal verander in ’n bouval, ’n lêplek vir jakkalse, ’n plek wat mense met afgryse en veragting vervul. Niemand sal meer daar woon nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51