Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:17-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. In vergelyking met Homis elke mens ’n dwaas, sonder enige kennis! Goudsmede maak afgodsbeelde, maar hulle kom in die skande. Hierdie beelde is ’n leuen, want hulle haal nie asem nie.

18. Afgode is eintlik nutteloos, ’n bedrogspul! As die tyd van afrekening kom, sal hulle vernietig word.

19. Maar die God van Israel is nie so ’n afgod nie. Hy het alles wat bestaan, gemaak,ook sy eie volk,sy besonderse besitting.Hy is die Here, die Almagtige!

20. “Jy is my hamer, my oorlogswapen.Ek gebruik jou om nasies mee te verpletter en koninkryke te verwoes.

21. Ek gebruik jou om perdeen ruiters mee te tref,ook strydwaens met hulle bemanning.

22. Met jou hulp sal Ek mans en vroue uitwis,ook oumense en kinders,jong seuns en meisies.

23. Ek het jou gebruik om herdersen hulle vee uit te roei,so ook plaaswerkers en hulle osse. Ek sal jou gebruik om regeerders en amptenarete vernietig.”

24. Die Here sê ook: “Voor julle oë sal EkBabel en die Babiloniërs terugbetaal vir al die kwaad wat hulle aangerig het in Jerusalem.Julle sal dit sien gebeur.

25. Dit kan jy maar weet, vernietiger van die aarde, verwoester van die wêreld,Ek is jou vyand,” sê die Here.“Ek sal teen jou optree, Ek gooi jou teen die berghange af. Ek maak jou ’n verskroeide berg.

26. Jy sal vir altyd verwoes lê. Niemand sal uit jou rommel ’n klip kan gebruik vir ’n hoeksteen of ’n steen vir die fondasie nie,”sê die Here.

27. Hou ’n vaandel op oor die land, blaas op die ramshoring onder die nasies. Berei die nasies voor vir oorlog teen Babel. Roep die koninkryke van Ararat, Minni en Askenas op teen Babel. Stel dan ’n bevelvoerder aan en kom met soveel perde soos ’n swerm sprinkane.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51