Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:14-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Die Here, die Almagtige, sweer by Homself: “Julle vyande sal oor julle spoel soos ’n swerm sprinkane in ’n koringland. Hulle sal die oorwinning oor julle uitskreeu.”

15. Deur sy krag het Hy die aarde gemaak, deur sy wysheid die wêreld tot stand gebring. Deur sy insig het Hydie hemel uitgestrek.

16. As Hy praat, is daar donderweer in die hemel. Hy laat die wolke opstyg oor die aarde. Hy laat die weerlig blits as dit reën. Hy laat die wind uit sy stoorkamers kom.

17. In vergelyking met Homis elke mens ’n dwaas, sonder enige kennis! Goudsmede maak afgodsbeelde, maar hulle kom in die skande. Hierdie beelde is ’n leuen, want hulle haal nie asem nie.

18. Afgode is eintlik nutteloos, ’n bedrogspul! As die tyd van afrekening kom, sal hulle vernietig word.

19. Maar die God van Israel is nie so ’n afgod nie. Hy het alles wat bestaan, gemaak,ook sy eie volk,sy besonderse besitting.Hy is die Here, die Almagtige!

20. “Jy is my hamer, my oorlogswapen.Ek gebruik jou om nasies mee te verpletter en koninkryke te verwoes.

21. Ek gebruik jou om perdeen ruiters mee te tref,ook strydwaens met hulle bemanning.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51