Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 50:9-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Want Ek sal uit ’n land in die noorde’n klomp nasies se gesamentlike mag op die been bring. Ek sal hulle teen Babel laat optrek en die stad van die buitewêreld afsny. Hulle sal die stad oorneem. Hulle is soos vaardige vegters wat hulle wapens goed gebruik. Hulle mis nie ’n teiken nie!

10. Die aanvallers sal die Babiloniërs beroof totdat hulle tevrede voel dat hulle genoeg gevat het,”sê die Here.

11. “Julle het my mense besteel, hulle wat Ek vir My uitgesoek het. Julle is vrolik en bly daaroor. Julle spring rond soos ’n verskalfwat koring uittrap,en soos perde wat runnik.

12. Maar julle eie land sal verneder word en in die skande kom. Sy sal die geringste onder al die volke wees,’n dorre en verlate woestyn.

13. Die Here sal sy woede op Babel uithaal.Dit sal ’n plek wees sonder inwoners, ’n algehele woesteny.Verbygangers sal geskok wees en fluit van verbasing oor Babel se toestand.

14. “Boogskutters,omsingel Babel.Maak julle reg om aan te val! Moet nie julle pyle spaar nie! Want die mense van Babel het teen die Here gesondig.

15. Skreeu op hulle van alle kante. Babel het oorgegee! Die mure van die stad het omgeval. Die Here wreek Hom op Babel.Doen aan hulle soos hulle aan ander mensegedoen het.

16. Neem die boere weg uit Babel, ook hulle wat die lande afoes. As die gevegte aan die gang is, moet mense na hulle eie volke terugkeer. Elkeen moet na hulle land vlug.”

17. “Die mense van Israel is soos skapewat deur leeus uitmekaargejaag word. Eers het die koning van Assirië hulle opgevreet, en nou het koning Nebukadnesar van Babel hulle bene skoongevreet.”

18. Die Here, die Almagtige, die Godvan Israel, sê: “Ek gaan die koning van Babel en sy land nou strafnet soos Ekdie koning van Assirië gestraf het.

19. Ek sal die mense van Israel na hulle eie weivelde terugbring. Hulle sal weer weiop die velde van Karmel en Basan. Die heuwelgebiede van Efraim en Gileadsal vir hulle genoeg gee om van te lewe.

20. In daardie tyd,” sê die Here, “sal mense verniet soekna Israel en Juda se oortredings;hulle sal niks vind nie. Die mense wie se lewens Ek gespaar het, sal Ek vergewe.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 50