Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 50:28-37 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

28. Luister na die mense wat uit Babel ontsnap het. Hulle vertel in Jerusalem hoe die Here ons God wraak geneem het op die mense wat sy tempel vernietig het.

29. “Roep jou boogskutters op teen Babel. Laat hulle die stad omsingel sodat niemand kan ontsnap nie. Doen aan die Babiloniërswat hulle aan ander mense en lande gedoen het. Hulle het die Here, die Heilige van Israel, se gesag uitgedaag.

30. Die jongmense sal neerval op die pleine en sterf, al die Babiloniese soldate sal daardie dag sterf,” sê die Here.

31. Die oppermagtige Here,die Almagtige, sê: “Julle is arrogant. Daarom word Ek nou julle vyand. Die tyd het gekom dat Ek julle gaan straf.

32. Verwaande land,julle sal struikel en val. En niemand sal julle help om weer op te staan nie. Ek sal julle dorpe aan die brand steek. Alles wat naby hierdie vuur is, sal afbrand.”

33. Die Here, die Almagtige, sê: “Die mense van Israel en Juda is onderdruk. Die vyand wat hulle gevang het, weier om hulle vry te laat.

34. Maar daar ís Iemand wat hulle loskoop om vry te kom. Dit is die Here, die Almagtige.Hy sal vir hulle intreeen rus bring in die land,maar onrus vir die inwoners van Babel.

35. “Trek die swaard uit teen die Babiloniërs.Tref die inwoners van Babel,die leiers en wyses daarmee,” sê die Here.

36. “Die swaard tref die waarsêers sodat hulle verdwaas staan. En die swaard tref sy soldate sodat hulle vreesbevange is.

37. As die geweld die perde, die strydwaens en huursoldate tref, sal hulle so swak soos vroue word. As geweld die skatkis tref, sal hulle geplunder word.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 50