Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 46:14-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. “Kondig dit aan in Egipte!Maak dit bekend in Migdol.Maak dit bekend in Memfisen Tagpanges!Sê: Maak julle reg, wees voorbereid,want die geweld van oorlog sal almal om julle tref.

15. Waarom het jou soldate gevlug? Hulle kan nie staan voor die Here wat hulle weggedryf het nie.

16. Hulle struikel en val oor mekaar en sê: ‘Kom ons gaan terug na ons eie mense en na waar ons gebore is. Laat ons wegkom van die swaardvan die vyand!’

17. Hulle sal sê: ‘Farao, die koning van Egipte, het ’n groot mond wat ’n kans deur sy vingers laat glip het!’”

18. Die Koning wie se Naam die Here, die Almagtige, is, sê: “So waar as wat Ek lewe, iemand sal kom wat soos Tabor tussen die berge of soos Karmel bo die see is.”

19. Pak julle goed vir ballingskap, inwoners van Egipte! Memfis sal vernietig lê,’n bouval sonder inwoners.

20. “Egipte is soos ’n mooi jong verskalf. Maar ’n steekvlieg is op pad uit die noorde.

21. Egipte se huursoldate is soos vetgemaakte kalwers.Hulle bied nie weerstand teen die vyand nie, hulle draai om en hardloop weg. Die dag van straf het aangebreek.

22. Egipte seil saggies weg soos ’n slang wegseil, want die vyand marsjeer met mag en mening. Hulle kom soos houtkappers met byle teen haar.”

23. Die Here sê: “Hulle sal haar bos afkap, al lyk dit ondeurdringbaar. Want hulle is meer as sprinkane, ontelbaar!

24. Hulle sal die mense van Egipte verneder en oorlewer in die mag van die mense uit die noorde.”

25. Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Ek sal Amon, die god van Tebes straf, asook vir die farao en Egipte en al die ander gode. Ek gaan ook haar konings straf, ja, vir die farao en almal wat op hom vertrou.

26. Ek sal hulle oorgee in die mag van dié wat hulle baie graag wil doodmaak, in die mag van koning Nebukadnesar van Babel en sy offisiere. As dit verby is, sal mense weer soos vantevore in Egipte kom woon.” Die Here sê dit sal gebeur!

27. “Maar my dienskneg Jakob, moenie bang wees nie,moenie mismoedig wees nie, Israel. Al is julle ver weg, sal Ek julle red. Ek sal jou nageslag uit ballingskap terugbring.Israel sal terugkom en rus en vrede hê. Niemand sal hulle bangmaak nie.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 46