Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 46:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir die profeet Jeremia boodskappe oor die nasies gegee.

2. Hy het die boodskap oor Egipte ontvang in die vierde jaar wat Jojakim seun van Josia koning van Juda was. Dit gaan oor die Egiptiese koning, farao Neko, en sy leër. Koning Nebukadnesar van Babel het hom en sy leër by Karkemis langs die Eufraatrivier verslaan:

3. “Kry julle wapens gereed, ruk op vir die geveg!

4. Saal die perde op,bestyg hulle, ruiters! Neem julle posisies in,sit julle helms op.Maak julle spiese blink,trek julle wapenrusting aan!

5. Maar wat sien Ek? Die Egiptiese leër is verskrik,hulle het teruggedraai. Hulle beste vegters is verslaan en kies die hasepad sonder om eers terug te kyk. Hulle word van alle kante bedreig, sê die Here.

6. Selfs nie die vinnigstes kan wegkom nie.Die sterkste soldate kan nie ontsnap nie.Aan die noordekant, by die wallevan die Eufraatrivier, struikel hulle en val.

7. “Wie is dit wat sy walle oorstroom soos die water van die Nyl, soos riviere bruisende water?

8. Dit is die Egiptiese leër.Hy spog dat hy sy walle oorstroom,soos die water van die Nyl,soos riviere bruisende waters.Hulle sê: ‘Ons sal optrek en die aarde bedek. Ons sal stede en hulle inwoners saam verwoes.’

9. Laat die perde optreken die strydwaens opruk! Laat die vegters uittrek,die mense uit Etiopië en Libië,vaardig met skilde,en die mense uit Lidia,bedrewe met die boog.

10. Hierdie is die Dag vandie oppermagtige Here, die Almagtige. Dit is ’n dag van vergelding,om jou te wreek op jou vyande. Die swaard sal doodmaak totdat dit genoeg het, versadig is van julle bloed! Dit is ’n offer virdie oppermagtige Here, die Almagtige, in die noordelike gebied, langs die Eufraatrivier.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 46