Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 4:15-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Uit Dan en die heuwels van Efraim word jou vernietiging aangekondig.

16. “Waarsku die nasies in die omgewing, laat Jerusalem dit hoor: ‘Die vyand uit ’n ver land is op pad. Hulle skreeu oorlogskrete teen die dorpe van Juda.

17. Hulle omsingel Jerusalem net soos wagtewat ’n graanland oppas. Want my volk het teen My in opstand gekom,’” sê die Here.

18. “Dit is julle eie skuld dat dié dinge met julle gebeur. As straf kry julle van julle eie bitter medisyne. Dit maak diep seer!”

19. O die angs, die benoudheid van my pyn! My hart klop onstuimig in my. Ek kan nie stilbly nie. Ek het trompette gehoor,die gedreun van oorlogskrete.

20. Die een ramp volg die ander totdat die land heeltemal verwoes is. Skielik is al wat ’n blyplek en skuiling is, tot niet.

21. Hoe lank gaan ek nog die oorlogsbanier aanskou? Hoe lank gaan ek nog die oorlogsbasuin hoor?

22. “My volk is dwaas, hulle ken My nie. Hulle is soos dom kinders, hulle het geen insig nie. Hulle is slim as dit kom by kwaaddoen. Maar vir goeddoenhet hulle geen talent nie!”

23. Ek het na die aarde gekyk, en dit was woes en leeg. Ek het ook na die hemel gekyk, en daar was geen lig nie.

24. Ek het gekyk na die berge en die heuwels en hulle het gebewe en geskud.

25. Ek het gekyk en al die mense was weg. Selfs al die voëls van die hemel het weggevlieg.

26. Toe ek om my kyk,sien ek die vrugbare grond het in ’n woestyn verander. Al die dorpe het in puin gelê, want die Herehet hulle vernietigin sy toorn.

27. Die Here het gesê: “Die land sal verwoes word, maar Ek sal dit nie heeltemal verwoes nie.

28. Die aarde sal huil en die hemel donker word oor die besluit wat Ek oor my volk geneem het. Ek het klaar besluit en sal nie van plan verander nie.”

29. Elke stad se mense vlug as hulle die klank van perde en boogskutters hoor.Hulle kruip in die bosse en tussen rotse weg. Al die dorpe is leeg, sonder ’n enkele inwoner.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 4