Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 30:11-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Ek is by julle en Ek sal julle red, sê die Here. Ek sal die nasies vernietig onder wie Ek julle verstrooi het,maar julle sal Ek nie vernietig nie. Ek dissiplineer julle. Ek kan julle nie ongestraf laat nie.”

12. Die Here sê: “Julle beserings is ongeneeslik,julle wonde kan nie gesondword nie.

13. Niemand kan julle saak behartig nie.Daar is ook nie medisyne vir julle wonde of genesing vir julle nie.

14. Al julle bondgenote het julle in die steek gelaat. Hulle is nie langer besorg oor julle nie. Want Ek het julle gewond asof Ek julle vyand is. Julle oortredings was baie, julle sondes oorvloedig.

15. Waarom skreeu julle so omdat julle seerkry? Niks kan julle pynlaat verdwyn nie. Ek straf julle omdat julle so baie oortree en soveel sonde gedoen het.

16. “Maar eendag sal hulle wat julle verslind,self vernietig word. Al julle vyande sal self in gevangenskap gaan. Mense wat julle besteel, sal besteel word. Wie waag om julle aan te val, sal self aangeval word.

17. Ek sal julle gesond maaken julle wonde genees,”sê die Here,“omdat julle ’n verstoteling genoem word:Sion, vir wie niemand omgee nie.”

18. Maar die Here sê: “Wanneer Ek julle terugbringuit ballingskap en julle lot verander,sal Jerusalem herbou wordwaar nou net bouvalle is. Die paleis sal ook weer soos voorheen lyk.

19. Die mense sal weer vrolik wees en liedere sing omdat hulle dankbaar is. En Ek sal hulle laat vermeerder.Hulle sal ’n groot volk wees, en ander sal hulle respekteer.

20. Dit sal met hulle kinders goed gaan, soos vroeër. Ek sal hulle weer as ’n volk voor My vestig. As iemand sou waag om hulle te onderdruk, sal Ek hulle straf.

21. Een van hulle eie mense sal hulle leier wees, nie ’n vreemdeling nie. Ek sal hom nooi om voor My te kom,want wie kan kom as Ek hom nie genooi het nie?”vra die Here.

22. “Julle sal my volk wees en Ek sal julle God wees.”

23. Maar neem kennis: die Here se woede is soos ’n storm wat losbars. Dit is soos ’n orkaan wat die slegte mense tref.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 30