Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 28:9-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. As ’n profeet vrede sou verkondig, moet ’n mens sien of dit realiseer. Eers as die profeet se woorde regtig gebeur, kan ’n mens weet die Here het die persoon gestuur.”

10. Gananja het na Jeremia toe gegaan, die juk van sy nek afgehaal en dit gebreek.

11. Daarna het hy weer vir die mense wat rondom hulle gestaan het, gesê: “Die Here het belowe Hy sal binne twee jaar die juk van Nebukadnesar koning van Babel oor al die nasies verbreek.” Op dié punt het die profeet Jeremia daarvandaan weggegaan.

12. Kort daarna het die Here weer vir Jeremia ’n boodskap gegee. Hy het gesê:

13. “Gaan sê vir Gananja dat Ek, die Here, met hom praat: Jy het die houtjuk gebreek en jy gaan dit met ’n ysterjuk vervang.

14. Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: Ek het ’n ysterjuk op die nekke van al hierdie nasies geplaas sodat hulle koning Nebukadnesar van Babel as slawe sal dien, want Ek het alles onder sy beheer gestel, selfs die wilde diere.”

15. Die profeet Jeremia het vir die profeet Gananja gesê: “Luister, Gananja, die Here het jou nie gestuur nie! En tog het jy dit reggekry dat die mense jou leuens glo.

16. ‘Omdat jy dit gedoen het,’ sê die Here, ‘gaan Ek jou van die aarde af wegvee. Jy gaan vanjaar nog sterf, want jy het opstand teen die Here verkondig.’”

17. In die sewende maand van daardie jaar het Gananja gesterf.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 28